Nou ja,
soos enige klein dogtertjie het jy seker ook gedroom
oor jou troudag: Die perfekte dag met ‘n droom prins
en jy wat soos ‘n prinses lyk, alles in wit … ‘n
droom wat waar word.
My
troudag was ‘n droomdag, my prins was mooi… die
mooiste van almal om my. Dit was so vinnig verby, ek
wou nog droom. Toe is dit wittebrrood. Ons
wittebrood was ‘n “disaster” toe ons twee dae later
plat in die bed is met voedsel vergiftiging, maar
niks kon ons passie vir mekaar en die lewe keer nie.
Sewe
jaar later was die passie egter ommekaar te
vernietig… soos baie ander het ons in die “rat race”
van die lewe begin deelneem. Ons het twee klein
seuntjies gehad. Twee korporatiewe bestuursposisies,
twee duur karre, ‘n dubbelverdieping huis. Van buite
af was ons mooi en gelukkig. Maar binne in ons was
dit leeg, was ons ongelukkig en frustreerd met
mekaar met onsself en met die lewe.
Ons
het genoeg geld gehad vir duur vakansies, maar ons
wou nie die tyd saam spandeer nie… die een ding wat
ons geld nie kon koop nie was: Vrede en Liefde.
Ons
was op breekpunt, die huishouding was gespanne, ons
tye saam het op oorlog uitgeloop. Ons het al hoe
meer in ons werksplekke weggekruip.
Een
aand was ons bakleiery so vurig dat ons albei
besluit het egskeiding is beter as dit waarin ons
is… ek was so ontsteld, my ouers was reed 45 jaar
getroud en Freddie sin omtrent 30 jaar. Ons ken nie
egskeiding nie, en vir my het egskeiding gedui om
mislukking… wat nie deel was van my raamwerk nie.
Wat ek gesê het, het hy nie gehoor nie. En wat ek
wou hoor het hy nie gesê nie. Ons was so frustreerd
met mekaar. Ek het na ‘n vriendin toe gery en gaan
afpak. Ek was moeg, lewensmoeg. Ek was bereid om
alles prys te gee vir vrede.
Sy het
my na ‘n
Woord in Aksie kamp
genooi die volgende
naweek, ek het omtrent dadelik my tasse gaan pak ek
kon nie wag om weg te kom nie.
Wat ‘n
soete dag was dit nie… Op hierdie kamp het iemand
vir my gewag, Sy Naam is Jesus. Hy het geweet van my
vrese, my woede, my bitterheid, en Hy was gereed om
alles reg te maak. Met ope arms het Hy net gewag dat
ek moet inkom. Ek het nog nooit so baie gehuil nie,
met elke traan het die Here kom skoon maak, kom
genees en versoening gebring. Ek is huis toe na die
naweek en vir Freddie gevra of hy my asb ‘n tweede
kans sal gee. Hy het ingestem. Die verandering in my
was so fenominaal dat hy letterlik “gevrek” het van
neskurigheid. Hy het ingestem om twee weke later op
die
Mannekamp te gaan. Op hierdie kamp het iemand
vir hom gewag, Sy Naam is Jesus… wat is soete dag
was dit nie …
Ons is
nou reeds 20 jaar getroud, ons huwelik is ‘n veilige
hawe vir beide van ons. Ons verstaan mekaar, vertrou
mekaar, geniet mekaar en ja ons bid vir mekaar. Baie!
Ons is
reeds twee jaar saam in die bediening en vertrou die
Here vir groot goed. Hy gebruik ons lewens om te
getuig vir Hom. Soms verstaan ons self nie waardeur
ons gaan nie. Maar ons weet Hy is en bly getrou.
So drie jaar terug het die Here
met my begin praat om ‘n boek te skryf. Dit was vir
my “wow” ek het nie ‘n idee gehad hoe en waar nie,
maar toe ek een tree vorentoe gaan, toe kom Hy een
tree nader. En so stap ek dag vir dag een vir een
tree nader aan Hom. Vir meer oor die boek gaan lees
onder -
Meer oor die boek.